AfriForum-takstrukture

AfriForum se takke groei dinamies en fokus op ’n groot verskeidenheid van aktiwiteite in die gemeenskap waarin hulle werksaam is. Dié statistieke van Januarie tot November 2025 bied ’n oorsig van enkele van hulle vernaamste projekte, maar die volledige prentjie word sigbaar eers wanneer ’n lid aktief by ’n tak betrokke raak.
AfriForum se groot fokus vanaf Gemeenskapstrukture vir 2026 is om ’n diens aan Afrikaanse skole op nasionale vlak te bied, wat belyn is met AfriForum se gemeenskapsake-kernaktiwiteite. Ons beskik tans oor 14 buurtspanne met ongeveer 60 personeelhede dwarsoor die land en beoog verdere uitbreiding hiervan in 2026.
Hierdie vermoë op grondvlak stel ons in staat om ’n aktiewe diens te lewer aan die gemeenskap.
Voorbeelde hiervan is soos volg:
- Instandhoudingsprojekte rondom skole, wat insluit slaggate herstel, verfwerk, padtekens vervang, gras sny en straatligte herstel
- Volhoubare projekte: oprig van noodwaterpunte, skolierpatrollie-hekprojek
- Diensleweringsprojekte: herwinning en vullisverwydering
- Veiligheidsprojekte: kameras, busbegeleiding, radiokommunikasie, skoolveiligheidsoudit (met aanbevelings)
- Nasionale projekte: watertoetse, herwinningsprogramme, boomplantaksies.
Ons fokus vir 2026 is om verder uit te brei by skole om ’n vrywillige skoleverteenwoordiger te identifiseer wat die behoefte van die betrokke skool aan ons kan kommunikeer rondom die bostaande projekte.


Wat doen AfriForum vir my – 

