AfriForum-Dienstegids

Wat bied AfriForum vir my?

Ledevoordele

Rampbestuur

Rampbestuur is deel van elke dag se kom en gaan, want as dit nie veldbrande is nie, is dit vloede wat menselewens en eiendom bedreig en vernietig.

Om ’n ramp suksesvol te kan bestuur, is dit belangrik om ’n risikoontleding te doen en ’n gebeurlikheidsplan daarvolgens op te stel om lewens- en eiendomsverlies te verminder wanneer ’n ramp plaasvind.

Besoek www.afriforum.co.za vir wenke oor wat om voor, tydens en ná verskillende rampe te doen.