AfriForum-Dienstegids

Wat bied AfriForum vir my?

Ledevoordele

Regs en risiko

AfriForum se regs-en-risikoafdeling dien en beskerm die organisasie en sy filiale met intydse, relevante, dinamiese en doeltreffende regsadvies en ondersteuning.

Gemeenskapsveiligheidgeoriënteerde dienste sluit in:

  • hantering van regsverwante navrae van die publiek en personeel
  • regsondersteuning aan AfriForum se buurtwagte en ander veiligheidstrukture
  • aanbied van opleiding vir AfriForum se veiligheidstrukture en buurtwagte
  • toespreek van gemeenskappe
  • onderhandeling, opstel en nagaan van ooreenkomste wat AfriForum en sy buurtwagte bind
  • mediaskakeling
  • regs- en ander ondersteuning tydens veldtogte
  • regsnavorsing
  • opstel van regsopinies
  • bestuur van AfriForum se paneel prokureurs
  • litigasie
  • opstel en nagaan van beleide en standaardwerksprosedures
  • skryf van meningstukke
  • bestuur van AfriForum se regstelsel
  • ontplooiing van regsbeamptes gedurende sensitiewe operasies.