AfriForum-Dienstegids
AfriForum is ’n burgerregteorganisasie wat bestaan om Afrikanergemeenskappe te organiseer en in ’n dinamiese netwerk saam te snoer. Sodoende kan gemeenskapskrag ontsluit en gemobiliseer word om bestaande werklikhede te beïnvloed en selfstandigheid te bewerkstellig. Op dié wyse kan ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika help verseker word, terwyl daar terselfdertyd brûe na ander gemeenskappe gebou word op ’n grondslag van wedersydse erkenning en respek.
AfriForum Wêreldwyd

AfriForum Wêreldwyd is die omvattende platform waardeur kontak behou word met Afrikaners wat tans in die buiteland woon, maar steeds in voeling met hul geboorteland wil bly.
Hier is ses redes waarom AfriForum Wêreldwyd reeds die tuiste van duisende ekspats is:
- Behou kontak oor grense heen
Besoek sommer vandag nog een van die sosialemediakanale, die webtuiste of teken in op die tweeweeklikse nuusbrief, Kollig, om saam te kuier oor die grense heen! - Kundige advies vir ekspats
Gratis raad oor burgerskapaangeleenthede is onder meer deur ’n plaaslike netwerk van kundiges beskikbaar. AfriForum het al navrae uit meer as 50 lande hanteer. - Unieke Wêreldgids
Die Wêreldgids spog met 40 kategorieë ondernemings, diensverskaffers en selfs gemeenskapsorganisasies van reg oor die wêreld. - Byeenkomste as leefruimte vir kultuur
AfriForum Wêreldwyd is daaraan toegewyd om geleenthede te skep waar ons mense in die buiteland kan saamkom, deel kan bly van hul kultuur en nuwe herinneringe kan skep. Ons streef voortdurend daarna om Afrikaners op hoogte te hou van die beste byeenkomste in die buiteland. - Die “Kom huistoe”-veldtog
Vir diegene wat die besluit neem om terug te keer na Suid-Afrika, bied AfriForum Wêreldwyd onmisbare hulp. - Steun aan families wat agterbly
Wanneer ’n geliefde emigreer, is dit nie net hulle wat aanpassings moet maak nie – die familie wat agterbly, beleef ook uitdagings. AfriForum Wêreldwyd bied ondersteuning deur artikels te plaas wat deur kundiges geskryf is, asook sosiale geleenthede waar families hul eie netwerk kan bou.
Sluit aan as ’n internasionale lid
AfriForum verwelkom internasionale lede, wat help om die organisasie se projekte en aksies vanuit die buiteland te ondersteun. Deur aan te sluit, dra jy by tot ’n wyer gemeenskap wat saamwerk om die Afrikaner se erfenis, taal en kultuur te beskerm.


Wat bied AfriForum vir my? 

