AfriForum-Dienstegids
AfriForum is ’n burgerregteorganisasie wat bestaan om Afrikanergemeenskappe te organiseer en in ’n dinamiese netwerk saam te snoer. Sodoende kan gemeenskapskrag ontsluit en gemobiliseer word om bestaande werklikhede te beïnvloed en selfstandigheid te bewerkstellig. Op dié wyse kan ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika help verseker word, terwyl daar terselfdertyd brûe na ander gemeenskappe gebou word op ’n grondslag van wedersydse erkenning en respek.
MSW Ondersteuningsdienste
Ondersteun hulle wat virander omgee
MSW Ondersteuningsdienste (Edms) Bpk is gestig deur AfriForum en StratCol met die doel om hul goed gestruktureerde, gevestigde. suksesvolle model, beskikbaar te stel vir ander maatskappye sonder winsoogmerk (MSW’s).
Ons doelwit is om MSW’s in staat te stel om te voldoen aan die behoeftes van die gemeenskappe en sake wat hulle ondersteun.Ons bystand en ondersteuning sluit in:
- Bemarkingstrategie
- Fondsinsamelingstrategie
- Debietorder- en kredietkaartbetalingsfasiliteite
- Voogdyskap
- Bestuurstelsel
- Oproepsentrum-bestuurstelsel


Wat bied AfriForum vir my? 

