AfriForum-Dienstegids
AfriForum is ’n burgerregteorganisasie wat bestaan om Afrikanergemeenskappe te organiseer en in ’n dinamiese netwerk saam te snoer. Sodoende kan gemeenskapskrag ontsluit en gemobiliseer word om bestaande werklikhede te beïnvloed en selfstandigheid te bewerkstellig. Op dié wyse kan ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika help verseker word, terwyl daar terselfdertyd brûe na ander gemeenskappe gebou word op ’n grondslag van wedersydse erkenning en respek.
Gesondheid
AfriForum se gesondheidsportefeulje het ten doel om vrye, billike en regverdige toegang tot gesondheidsorg vir Afrikanergemeenskappe te verseker. Ons wil ’n doring in die vlees wees van sosialistiese staatsamptenare, ’n vlieg in die salf van inhalige korporasies en balsem vir die wonde van slagoffers van diskriminerende gesondheidsbeleid.
AfriForum doen dit onder meer deur:
- geskrewe en mondelinge kommentaar op gesondheidswetsontwerpe te lewer;
- regsaksies teen diskriminerende beleid of aksies te loods;
- AfriForum se standpunte oor gesondheid gedurig aan beleidsvormers en in die media te kommunikeer;
- met mediese skemas, hospitaal- en apteekgroepe en leiers in die gesondheidsbedryf te skakel; en
- navorsingsverslae en gidse saam te stel vir pasiënte in die Suid-Afrikaanse openbare en privaat gesondheidstelsels.


Wat bied AfriForum vir my? 

