AfriForum-Dienstegids

Wat bied AfriForum vir my?

Ledevoordele

Visie

AfriForum se visie is dat Afrikaners – wat geen ander tuiste ken nie – sinvol as Afrikaners in vreedsame naasbestaan met ander gemeenskappe blywend vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan.

Missie

AfriForum se missie is om te verseker dat daar aan die basiese voorwaardes vir die voortbestaan vVian Afrikaners voldoen word deur as ’n geloofwaardige Afrikanerbelangeorganisasie en burgerregtewaghond –
wat deel van die Solidariteit Beweging vorm – buite die werksplek op internasionale, nasionale en plaaslike vlak die impak van die huidige politieke werklikhede op Afrikaners te hanteer en te probeer beïnvloed, terwyl daar terselfdertyd gewerk word om volhoubare strukture te vestig waardeur Afrikaners selfstandig hul eie voortbestaan kan verseker.

Dienste

AfriForum lewer op verskeie terreine bydraes wat tot voordeel van lede en die breër publiek is. Sommige daarvan is by AfriForum-lidmaatskap ingesluit; vir ander moet gebruikers betaal. Dié dienste dek ’n wye spektrum van terreine en daarom is mense nie altyd bewus daarvan wat beskikbaar is en wie hulle moet kontak om meer inligting te kry nie.

Hierdie gids se doel is juis om hierdie inligting saam te vat. Ons hoop om dit jaarliks by te werk en verwelkom enige vrae of kommentaar.