AfriForum-Dienstegids

Wat bied AfriForum vir my?

Ledevoordele

Forum Sekuriteit Aviation & Training

Forum Sekuriteit Aviation & Training (FSAT) is ’n gespesialiseerde opleidingsverskaffer. Dit bied ’n omvattende verskeidenheid kursusse aan wat gemik is op lugvaart, veiligheid en noodreaksie.

FSAT bied ’n volledige verskeidenheid kursusse in afstandbeheerde lugvaart aan, insluitend die volgende:

  • RPC-instrukteurskursus
  • RPC (Remote Pilot Certificate)
  • BVLOS (Beyond Visual Line of Sight)

Ons verbintenis tot uitnemendheid word bewys deur ons waardetoevoeging tot elke student. Ons bied gratis RT (Radiotelefonie)-klasse aan alle RPC-studente om hulle vir die amptelike RT-eksamen voor te berei.

FSAT bied ook gespesialiseerde kursusse ter ondersteuning van die sekuriteits- en veiligheidsbedrywe aan, naamlik PSiRA Sekuriteitsgraad-opleiding (graad A tot E), asook noodhulp- en brandbestrydingsopleiding wat praktiese en teoretiese toetse insluit.

Verder help FSAT met die ontwikkeling van vaardighede vir gespesialiseerde operasionele vlugte, soos sonpaneelinspeksies, gholfbaaninspeksies, sekuriteitwaarnemingsvlugte en bystand aan noodgevalle.