AfriForum-Dienstegids
AfriForum is ’n burgerregteorganisasie wat bestaan om Afrikanergemeenskappe te organiseer en in ’n dinamiese netwerk saam te snoer. Sodoende kan gemeenskapskrag ontsluit en gemobiliseer word om bestaande werklikhede te beïnvloed en selfstandigheid te bewerkstellig. Op dié wyse kan ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika help verseker word, terwyl daar terselfdertyd brûe na ander gemeenskappe gebou word op ’n grondslag van wedersydse erkenning en respek.
AfriForum Sakenetwerk
AfriForum Sakenetwerk het tans ’n databasis met meer as 21 000 ondernemings!
In 2025 het ons uitgebrei na sewe plaaslike sakenetwerke en ons hoop om na nog meer streke uit te brei.
Die doel om na plaaslike sakenetwerke uit te brei is om:
- verskillende ondernemings aan mekaar voor te stel;
- van netwerkverwysingsbemarking gebruik te maak;
- jou gemeenskap sterker te maak;
- jou handelsmerk te versterk;
- verhoudinge met ander ondernemings in jou omgewing op te bou; en
- vaardighede aan te leer en op te skerp.
Wanneer jou onderneming deel word van AfriForum Sakenetwerk, bied ons jou die volgende:
- Elke maand is daar ’n tema, soos kunsmatige intelligensie, finansies, belasting, operasionele sake, administrasie, bemarking of ’n onderwerp wat op aanvraag aangebied word teen ’n minimale koste vir lede. Akademia is ons vennoot met geleenthede soos hierdie, maar sou daar ’n behoefte ontstaan vir ’n gasaanbieder/spreker, sal ons graag van so ’n persoon gebruik maak.
- Aanlyn werkswinkels, sou die plaaslike sakenetwerk dit verkies.
- Maandelikse netwerkgeleenthede, wat ingesluit is by die maandelikse koste. Voorbeelde hiervan is ’n ontbyt, middagete of aandete na gelang van die spesifieke plaaslike sakenetwerk se voorkeur.
- Aanlyn mentorskapsessies (GroeiNet).
- Die jaarlikse Tinteltong-toekennings word ook aangepas om in streke aangebied te word.
- Een keer per jaar word ’n spesiale gas genooi om op te tree by die streek se blitsberaad.
- Solidariteit se arbeidskongres vorm deel van een van die jaarlikse netwerkgeleenthede.
- ‘n Artikel oor jou onderneming vir sosiale media en AfriForum-webblad.
Wat is die Tinteltong-toekennings?
’n Toekenning word deur AfriForum Sakenetwerk geborg vir die beste diens en beste produk, en die wenner daarvan word aangewys deur ’n stemproses van die plaaslike sakenetwerk sowel as stemme van die publiek.
Die plaaslike sakenetwerke word in die volgende gemeenskappe gestig, maar omliggende dorpe se ondernemings word ook genooi – sodoende sal ons ’n behoeftebepaling kan doen om ook uit te brei na nog dorpe en streke.
- Bloemfontein
- Pretoria-Oos
- Pretoria-Noord
- Pretoria-Moot
- Centurion
- Potchefstroom
- George
- Durbanville
- Paarl
- Helderberg
- Stellenbosch
- Kemptonpark
- Upington
- Overberg
- Krugersdorp
- Sasolburg
Besoek www.afriforumsakenetwerk.co.za vir meer inligting, koste verbonde en ’n aansluitingsvorm.


Wat bied AfriForum vir my? 

