AfriForum-Dienstegids
AfriForum is ’n burgerregteorganisasie wat bestaan om Afrikanergemeenskappe te organiseer en in ’n dinamiese netwerk saam te snoer. Sodoende kan gemeenskapskrag ontsluit en gemobiliseer word om bestaande werklikhede te beïnvloed en selfstandigheid te bewerkstellig. Op dié wyse kan ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika help verseker word, terwyl daar terselfdertyd brûe na ander gemeenskappe gebou word op ’n grondslag van wedersydse erkenning en respek.

AfriForum Dienste: Herwinning
AfriForum het in Augustus 2025 begin met herwinning in Pretoria. Ons het tans 365 betalende kliënte wat weekliks of tweeweekliks deur
AfriForum Dienste gediens word.
Ons beoog om die herwinningsprojekte in die toekoms verder uit te brei na al ons Ankergemeenskappe.


Wat bied AfriForum vir my? 

