AfriForum-Dienstegids
AfriForum is ’n burgerregteorganisasie wat bestaan om Afrikanergemeenskappe te organiseer en in ’n dinamiese netwerk saam te snoer. Sodoende kan gemeenskapskrag ontsluit en gemobiliseer word om bestaande werklikhede te beïnvloed en selfstandigheid te bewerkstellig. Op dié wyse kan ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika help verseker word, terwyl daar terselfdertyd brûe na ander gemeenskappe gebou word op ’n grondslag van wedersydse erkenning en respek.
STELSELS EN TOEPASSINGS
Die afgelope jare het AfriForum verskeie stelsels en toepassings ontwikkel om beter dienslewering en hulpbronbenutting te verseker. Die stelsels is uitsluitlik vir AfriForum se gebruik, maar navrae daaroor is welkom. Stelsels sluit die volgende in:
- AfriForum-noodknoppietoep
- Forum Sekuriteit-nooddiensportaal – koördinering van nooddiensversoeke
- AfriForum Plaaslikeregeringsake-KI-bot – beantwoord navrae oor plaaslike regering
- AfriForum Diensteportaal – bied vullisverwydering, herwinning en vele meer
- BestelNet – produk vir die aankoop van veiligheidstoerusting
- BetaalNet – vlootkaartbestuurstelsel
- BetaalNet – verwerking van versekeringseise
- Integrasie met RealPay-betalingsplatform
- DocNet WhatsApp-bot vir die oplaai van dokumente na SharePoint.


Wat bied AfriForum vir my? 

