AfriForum-Dienstegids

Wat bied AfriForum vir my?

Ledevoordele

Gesondheid

AfriForum se gesondheidsportefeulje het ten doel om vrye, billike en regverdige toegang tot gesondheidsorg vir Afrikanergemeenskappe te verseker. Ons wil ’n doring in die vlees wees van sosialistiese staatsamptenare, ’n vlieg in die salf van inhalige korporasies en balsem vir die wonde van slagoffers van diskriminerende gesondheidsbeleid.

AfriForum doen dit onder meer deur:

  • geskrewe en mondelinge kommentaar op gesondheidswetsontwerpe te lewer;
  • regsaksies teen diskriminerende beleid of aksies te loods;
  • AfriForum se standpunte oor gesondheid gedurig aan beleidsvormers en in die media te kommunikeer;
  • met mediese skemas, hospitaal- en apteekgroepe en leiers in die gesondheidsbedryf te skakel; en
  • navorsingsverslae en gidse saam te stel vir pasiënte in die Suid-Afrikaanse openbare en privaat gesondheidstelsels.