AfriForum-Dienstegids
AfriForum is ’n burgerregteorganisasie wat bestaan om Afrikanergemeenskappe te organiseer en in ’n dinamiese netwerk saam te snoer. Sodoende kan gemeenskapskrag ontsluit en gemobiliseer word om bestaande werklikhede te beïnvloed en selfstandigheid te bewerkstellig. Op dié wyse kan ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika help verseker word, terwyl daar terselfdertyd brûe na ander gemeenskappe gebou word op ’n grondslag van wedersydse erkenning en respek.

Taal en erfenis
Ons moedertaal Afrikaans en Afrikanererfenis is die grondslag van ons kultuur. Om dié rede doen AfriForum alles moontlik om ons
taal en erfenis te bewaar, te bevorder en uit te bou. Ons werk ook in netwerke saam met ander organisasies en kundiges wat dieselfde doel
voor oë het en publiseer artikels en meningstukke om mense van die uniekhede en waarde van ons taal en geskiedenis bewus te maak.
Enige navrae hieroor, of klagtes oor die skending van taalregte of erfenisbakens, word deur ons ondersoek om dit sover moontlik te beskerm.


Wat bied AfriForum vir my? 

