AfriForum-Dienstegids
AfriForum is ’n burgerregteorganisasie wat bestaan om Afrikanergemeenskappe te organiseer en in ’n dinamiese netwerk saam te snoer. Sodoende kan gemeenskapskrag ontsluit en gemobiliseer word om bestaande werklikhede te beïnvloed en selfstandigheid te bewerkstellig. Op dié wyse kan ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika help verseker word, terwyl daar terselfdertyd brûe na ander gemeenskappe gebou word op ’n grondslag van wedersydse erkenning en respek.
Ledevoordele

Die ledevoordeleafdeling voorsien nuttige voordele aan lede as ’n blyk van waardering vir hul lojale ondersteuning aan AfriForum.
Dit is ’n diensafdeling wat hom beywer vir die verkryging en verpakking van nuwe voordele, en die instandhouding en verbetering van bestaande voordele om AfriForum-lede se veiligheid en welstand te bevorder. Boonop bring hierdie voordele ook welkome besparings vir lede mee.
AfriForum-lidmaatskap bied jou die volgende voordele:
- Kommunikasiemiddele
- Forum Tydskrif
- AfriForum vir jóú (ledevoordele-nuusbrief)
- AfriForum se noodknoppietoep
- Dienste
- Spektrumgehoor
- skuldhulp
- testamentvoordeel
- AfriForum-noodknoppietoep en die koördinering van nooddienste
- AfriForumTV
- AfriForum Teater
- AfriForum Sakenetwerk
- Produkte (met dienste)
- EPG Gas Distributors (VPG-silinderhervullings en -afleweringsdienste)
- Ctrack (opsporingstelsel)
- Virseker (korttermynversekering)
- Vakansie- en verblyfvoordele in:
- Suid-Afrika
- Limpopo
- Mpumalanga
- Noordwes
- Gauteng
- Vrystaat
- KwaZulu-Natal
- Wes-Kaap
- die buiteland
- Mosambiek
- Suid-Afrika


Wat bied AfriForum vir my? 

